Thursday, 5 April 2012

gevalle engel...


Die engel het my hand gevat en saam met my oor die mielielande gehuppel.  Die son het helder geskyn.  Ons was uitbundig gelukkig.  Oor die horison  het die son na die weste aangestap en was ons bang vir wat skemer sou bring.  “Jy gaan val en seerkry” het sy gewaarsku.  “Los my in die mielieland dat ek kan sterf in donker wat my gebring het.”    Met hande wat skielik sweet het ek haar op my skouers getel en in die rigting van die son probeer stap. 

Ekt jou Ramadan herdoop want  ek het ophou eet in daardie tyd.  Dit was meer kompleks as net kos oor my lippe.  Dit was n tyd van heiligheid waarmee God my geseen het.  Ek het vir vir jou gebid, jou lof liedere geneurie en soveel maal per dag jou heilige bevele gehoorsaam totdat als een was, jy ek God Ramadan, heilig heilig heilig…

“Hoor! Hoor! Hoe die sappe van jou volkomenheid onder my vingers beweeg! Die sappe wat jou vrou maak!”  Jou vrug blom onder my lippe en sonder skroom stroom die nektar by jou kelkblare uit.  Ek wil myself verf daarin.  My borste, naeltjie, buik, lippe en voorhoof… veral my voorhoof. Inderdaad ek wil my voorhoof driemaal met jou vreugde doop en my voornaam verander.   Ek sak natgesweet op jou neer.  Jou hande ontvang my bolyf en streel oor my hare.  Ek fluister in jou ore.  “Die mensdom sal hierdie liefde nooit verstaan nie.”   Jou lippe rus sag op my voorkop, en ek voel my lyf disintegreer.  Ek word siel… net siel.   Halleluja, ja halleluja die liefde is `n blou orgasmiese gil `n iewers in die slaapkamer.  

Ek het my liggaam met geseende water gewas, skoon geskeer, my lyf rein gehou van enige dierlikheid voordat jy haar oplaas sou neem. Saans in die eensaamheid van my bed as die wag te veel word, het ek despers gegryp na die heilige nagmaal,  die pienk tablette wat jy so mildelik deel.  Jou liggaam.  Neem eet en glo.  Hierdie tablette bied vergifnis vir die sondes van ons voorvaders dit reinig, die soenoffer…in `n kelk ewige kalm perfektheid: ek vir jou. 
.

Ekt jou koorsig en dringend leer liefkry soos `n verwerpde vrou met maer hande op `n arm kontinent.  Ekt jou diep begeer soos die soeltes van n swembad in die suid-sahara. My hart het met passie geklop ek wou vir jou trosse druiwe en maanhare stuur met sewe spierwit perde en jou ontvoer na woude wat jy nie ken nie.  Ons lywe het geblom.  Ek wou myself bedek,  vir ewig Ramadan vir… ek jy en God een… orgasmies tyd het ons verlaat. 

Ek verlang na jou wanneer ons slaap.  Ek mis die smeulvuur in jou oe en die rukwinde in jou stem.  Tyd steel konstant die voorreg van jou bewussyn voor my weg en ek gryp despers na woorde, herskep herinneringe om my lewend te hou oor jy soos God maklik wegglip, soms net verdwyn.

Die storms van passie het ons op soveel paaie gelei. Die vuil badkamer in die klein Noord-Kaapse dorpie by n Engen One-Stop.  Ons het weggeglip by n werksfunksie.  Ons eerste soen nadat ons bewend die R1 in die deur se gat gedruk het .  “Van wanneer af betaal mens anyway R1 om te piepie, (of te wel dan te vry in sulke godsverlate dorpies?)” .  Ons was skaars binne.  Jy het my dierlik teen die muur vasgedruk, asof jy bang was die realiteit maak ons skrik en dan ons hol dalk altwee weg.  Ek het jou lippe gretig ontvang, jou mond was oop en dors,   myne honger en lus.  Ek kon jou knie tussen my been voel stoot soos n dors kalf  en jou sagte hande het naarstigtelik na my borste begin tas.  My kniee was lam,  my broek nat.  Ek het my lippe, my tong my borste oorgegee.  Die porselein van jou spierwit nekvel verken, en jou besmeer in die diep rooi stayfast lipstif wat ek aangehad het werktoe.  Ons asems het gehyg, ons lywe het gebrand,  my lyf het gegil vir meer…  Ons het by die badkamer uitgestap, jou gesig, nek en hemp skoongemaak met alkohol swabs en wet-ones in my kar en mineraalwater gaan koop.  Oppad terug werk toe het jy gevra: “was dit verneuk?”  Ek het jou hand gevat terwyl ek bestuur,  die uitdraai gemis en eenvoudig geantwoord, “ja”.   Ek wou jou op duisend donkies laai… palmtakke koelwaai,  jou naak stroop in die noordkaapse hitte.  Ek het geleef van gebed en nagmaal,  neem eet en glo… jou oe, jou oe, jou oe. 

Jy raak my met jou Godgeskape hande, soen my met jou ru honger lippe, jy kom haal my met jou lyf en dwing my tot aanbidding waartoe ek nie instaat was nie.  Ek ken nie meer honger nie.  Ek behoort aan jou. 

Nou is ek swanger…met my geliefde, word soggens naar en bewerig wakker, uitgewas. Die mense frons… Ek weet ek vervul die Koms.  Ek droom van seks in n teater my buik is sensitief van my enigste hier binne my.  Ek hardloop  toilet toe,  soek self na n warm baarmoeder wil soms skuil van hierdie swangerskap.  Smag na die rondings van jou liggaam wat soms onbeskikbaar is,  die wind is warm en ongenaakbaar.  Ek is kaal,  maar ek wag op jou.   Ek sluimer,  word rukkend wakker.  Jou lippe soos elektrisiteit op my voorkop. 

Jy toor vir my indiane wat om vure dans,  dromme wat met donkernagte praat.  Ek sit by jou,  broei jou uit.  Jy voed ons.  Ek haal asem, sonder pienk pille.  Kaal in jou arms, tussen jou borste… Lisa, my Lisa…

Ek kraam jou,  ons,  God… ek kraam lank,  pynlik.  Maande.  Ons sukkel,  word kruppel. Verloor mekaar in storms van kontraksies,  selfs hongerpyne.  Soms help die pienk pille nie.  Ek sms vir ander mense om te bid.   Seks maak seer beter.  

Jou pikswart oe grynslag soms.  Soos n bok in n slagyster vra ek hulpeloos “Jy is  in beheer ne?”.  Jou oe word styf, amper meer wreed as ooit, jy  stimuleer my met ongoddelike intensiteit en antwoord: “Ja ek is”.  Ek voel hoe die lamheid my bene voltrek,  en my vulva natword soos nog nooit tevore. Is mens veronderstel om seks te he as jy nie seker is of jou wereld doodgebore gaan word nie?  Jou onverbiddelike donkterte neem besit van my lyf. Styf en harteloos herhaaldelik,  penetreer jy my,  hou my oe gevange.  Die waters  stroom by my uit…geluidloos asof in eerbied.    Dan meteens: die orgasme magtig en ontstuinmig deur my lyf terwyl jou oe myne herhaaldelik deurboor met haat en liefde so ononderskeibaar een en ek in n gepynigde stem:  “Fok… ek kom…fok fok…. fok ek kom…  fok,  … “  my naels maak bloedstrepe oor jou rug  “fok nie van jou lyf nie,  ek kom van jou fokken siel!”  elke spier trek saam, my oe word starend soos joune my dieper en dieper penetreer,  kom my siel,  my brein, my psige  word ek,   shrimp in hipnose…in jou donker gepenetreer,  genaai, gefok soos nog nooit…  Amen.

Ons bad saam soos soveel ander aande,  kerslig, tussen skuim.  My bene onder jou arms.  My voete tussen jou bene, my lippe op jou rug.  Die badkamer  gestoom en gegeur na ons, seks, laventel en seep.  Ek was jou borste, rug, maag, jou dekadensie.  Ons lag. Jy gooi my met die seep.  “Was die prinses!” en `n storie vertel uit jou inrigtingdae. Jy het eerste uit die bad geklim, vir my `n handdoek uitgehou, gewag.  Jy het my afgedroog, sag, sentimeter vir sentimeter.  Ek wou op my kniee val. Jou voete soen.  Ek vertel jou elke aand hoe lief ek jou het,  en ek weet jy is lief vir my.

Ek vryf oor my baarmoeder  “Ag God!”   “as  ons maar net lewend gebore kan word!”  “Here Asseblief tog!”   “As ek haar maarnet kan hou…. Ag God asseblief…”

D ie son het weggehardloop oor die weste,  en was ons bang. Haar hand styf in myne het ons gesit en wag… Die dokter het nog pienk pilletjies voorgeskryf vir angs.  Haar gesig het styf en onherkenbaar onder my hande geword. Ek het in haar dooie oe gekyk. Haar stem was toonloos toe sy se: “Jy moet gaan”.  Terwyl die trane by my wange afrol het ek gefluister: “Engel, engel…ek is fokken lief vir jou!” Sy het die deur agter my toegemaak.  Ek het in my silwer motor geklim en weggery terwyl my  lyf  inmekaar trek van pyn en krete deur die kalahari nagte gehoor kon word. 




No comments:

Post a Comment