Thursday, 5 April 2012

Post Mortem


Nou is jy weg. Die kerkklok lui.  Ek haal jou klere uit swart sakke voor die kerk en kniel.  Ek druk jou geruite kort slaap broeke vir die laaste maal voor my gesig vas en atem vir oulaas jou reuk. Ek skryf vir jou n laaste liefdesgedig in die gruis voor die dopperkerk in Molen straat, en noem dit Adora oor en oor en oor. Die Afrika son swem bo my kop.  

Ek wil die toring met my logge verslaande liggaam in hierdie lentemiddag klim terwyl die klok oor en oor lui.  Hoog teen die toring wil ek my klere skeur en my polse teen die ruwe baksteen flenters skuur. Kaal vrou met my tiete in die Potchefstroomse wind met my snikke wat jou naam oor soveel tyd roep wil ek my bloed ritualisties smeer aan hierdie,  monument, hierdie kerk, wat sin verloor het.

Ek grou vir die steakmes in my rugsak en sny my arms flenters.  Ek laat my bloed drup... oor jou bras, jou broeke, t-hemde. Ek verbeel my ek ruik jou iewers in die lug. `n Druppel val op die grond, ek word jou christus, jy my bruid, ek hallusineer dat jy vir my smile en my omhels, ek bad jou in my bloed, skilder jou gesig in skakerings van hierdie rooi lewe wat uit my tap, n vergestalting van my ongoddelike liefde vir jou. 

Ek haal die vuurhoutjies uit my broeksak, die petrol... Steek jou eerste kortbroek aan die brand... Onthou die brandstapel...Abraham, Isak... Die snikke ruk deur my bors ek val, my kniee flenters teen die gruis.  Hopeloosheid verlatendheid magtelosheid neem pos.   Ek raak gek,  ek kan jou broek verbrand nie,  ek moet die vlamme blus, ek moet die petrol stop Ek klou aan jou brandende kortbroek, word n fetus, le op hom, baar hom.  My hande ruik na petrol,   my hare brand, my klere, my borste, daars meer vlamme,  ek gil jou naam. Alles brand... ek gaan le in die res van jou klere, ruik jou lyf, terwyl die vlamme om my woed, die einde is naby, jy is naby, dis ok Die klok lui.

No comments:

Post a Comment