Nou is jy weg. Die kerkklok lui. Ek haal jou klere uit swart sakke voor die
kerk en kniel. Ek druk jou geruite kort
slaap broeke vir die laaste maal voor my gesig vas en atem vir oulaas jou reuk.
Ek skryf vir jou n laaste liefdesgedig in die gruis voor die dopperkerk in
Molen straat, en noem dit Adora oor en oor en oor. Die Afrika son swem bo my
kop.
Ek wil die toring met my logge verslaande liggaam in
hierdie lentemiddag klim terwyl die klok oor en oor lui. Hoog teen die toring wil ek my klere skeur en
my polse teen die ruwe baksteen flenters skuur. Kaal vrou met my tiete in die
Potchefstroomse wind met my snikke wat jou naam oor soveel tyd roep wil ek my
bloed ritualisties smeer aan hierdie,
monument, hierdie kerk, wat sin verloor het.
Ek grou vir die steakmes in my rugsak en sny my arms
flenters. Ek laat my bloed drup... oor
jou bras, jou broeke, t-hemde. Ek verbeel my ek ruik jou iewers in die lug. `n
Druppel val op die grond, ek word jou christus, jy my bruid, ek hallusineer dat
jy vir my smile en my omhels, ek bad jou in my bloed, skilder jou gesig in
skakerings van hierdie rooi lewe wat uit my tap, n vergestalting van my
ongoddelike liefde vir jou.
Ek haal die vuurhoutjies uit my
broeksak, die petrol... Steek jou eerste kortbroek aan die brand... Onthou die
brandstapel...Abraham, Isak... Die snikke ruk deur my bors ek val, my kniee
flenters teen die gruis. Hopeloosheid
verlatendheid magtelosheid neem pos. Ek
raak gek, ek kan jou broek verbrand
nie, ek moet die vlamme blus, ek moet
die petrol stop… Ek klou aan jou brandende
kortbroek, word n fetus, le op hom, baar hom.
My hande ruik na petrol, my hare
brand, my klere, my borste, daars meer vlamme,
ek gil jou naam. Alles brand... ek gaan le in die res van jou klere,
ruik jou lyf, terwyl die vlamme om my woed, die einde is naby, jy is naby, dis
ok… Die klok lui.
No comments:
Post a Comment