Thursday, 5 April 2012

die engel





Die bruilof

 Die engel het reeds op n vroee ouderdom vlerke gegroei.  Sy  het sy swaar oor die aarde gereis, by tye kon sy vlieg, maar soms was die val vol bloed en het haar vlerke aant  flarde geskeur.   

Die Man het my geleer om gewonde engele te vang in bottels,  Consol bottels soos die waarin my ouma appelkooskonfyt kook op die koolstoof by die plaas. 
Ek het hulle gesond gemaak en later weer laat gaan,  sodat ek met hulle wonde kon agterbly.  “Moenie kla nie,  het hy gese dit, is waarvoor jy gemaak is.”

Ekt haar nie probeer vang nie,  sy was net eenmaal daar,  in n bottel waarmee ek nog n hubbly bubbly wou bou.  Sy het self gekom,   soos n mot na n kers,  uitgelewer deur die noodlot.  Nog nooit het n engel egter sulke asemrowende vlerke gehad nie.  Die Consol bottel het gegroei van haar skoonheid.  Ek het versigtig die ysterdeksel afgedraai, my hande het gebrand.   Ek het aan haar geraak.  My palm oor haar lippe laat speel… en gedink: “God ek wil haar hou.”   

Ek het nat en  kaal by jou gekniel terwyl jy op die toilet sit,  opgekyk in jou porselein wit gesig… “jou oe”,  het jy geprewel… so pragtig na seks” .  Jou vlerke het tot by die dak gestrek.   Ek het jou sagte hande gesoen, jou bobene vlugtig met my lippe gestreel.   Onder jou  naels… rus die vlees van my serviks… plaveisel epiteel,  binnevlees,  my sagste DNA.   Maak dit ons een?  Jy soen my,  “skryf hierdie oomblik,  want dis joune….”   Jou oe is donker. Jy praat altyd met my asof jy weggaan.  Jy staan op van die toilet,  ek omhels jou naakte liggaam en klou koorsagtig aan jou.  Vir die soveelstemaal daardie aand ontmoet ons anatomie soos n legkaart en ek fluister nie-fiksie in jou oor.

“Kom ons hou op praat, maak liefde met my…”    jy in jou swart panty op die bed langs my.  “Ek wil eers vir jou `n storie lees” se ek… ek vertel jou van die hond wat geskiet moes word.  “Ek voel soos die een met die geweer se jy”.   “Jy is”.  se ek  “ek is die hond”.  “Wil jy nog liefde maak?” vra ek?    Jy smile skeef,  “natuurlik”.   Ek vergryp my aan  jou nek,  die weerloosheid betrek jou gesig,  en jou lyf maak oop.  Jy prewel my naam in sagte asem teue soos net jy kan.  Ek antwoord jou, my beminde op jou volle doopnaam  en bid dat dit altyd so sal bly.   Jou tepels word torings van God wat wag vir die eenword met die ewigheid.    Ek trek my klere uit…. Soen jou sag, terg jou tong met my lippe… onttrek. Jy gryp my nek met jou hande en druk my teen jou neer.  Ek skuur teen jou lyf terwyl ek jou liggies soen…. Ek voel hoe jy dringender jou hele tong my mond in druk…en die weerstand verlaat my liggaam.  “Jy is waarlik n hemelwese fluister ek in jou oor voordat my tong n doolhof maak in jou oorkanale… jou hand soek n pad langs my bene af…. “jy`s so nat”… prewel jy, terwyl jy jou vinger deur my skaamte trek…” Dis vir jou, van jou… my engel.”

Ek soen jou onderarms…beweeg af met jou liggaam. Ek atem jou reuke,  bid om dit vir ewig te bere…Ek voel koorsig.  Raak beserk, in die reuk van jou sweet en passie… Jy beweeg liggies onder my liefkosings ek vry jou vel sentimeters soos n mal mens, terwyl my hande jou beeldhou asof ek jou skepper geword het.  Jy kreun: “Jy maak met my liefde asof dit die laaste keer is”  se jy.      Ek kom regop le my lyf bo op joune neer.   Ek soen jou met my mond kuis op joune,  my asem jaag egter in jou nek.  My hand verdwaal tussen jou bene.

Later  vind ek my kop tussen jou bene… ek soen jou voete,  lek tussen jou tone,  as ek jou kon aanbid, die Here weet, as ek jou maarnet kon aanbid…. “ag fok… jy weet nie wat jy aan my doen nie, kreun jy…” “Asseblief God maak haar hooked bid ek.”  Ek soen jou enkels,  lek jou kuite,  maak geometriese figure in jou binnebene en bereken die radius van die sirkels op jou kniee.  Jy snak na jou asem,  jou heupe lig na my kant toe.  “Ja my lief,  ja!…. Jou hande speel deur die bietjie van my hare binne jou bereik…. ek wens ek het sestien monde gehad wat jou totaal kon bedek.”   Ek ruik jou vrouwees,  waar jou vreugdewater my ontmoet op jou bobene…. “Jy`s so nat… prewel ek… my lief my lief….” Ek wou dit stadig aanpak maar die reuk verlei my,  en ek verloor beheer.  Ek druk my hande onder jou opgehewe sagte boude in…. en dink… “hier offer ek my hart” soos Johannes Calvyn…. Ek neem…. Ek eet en ek glo…… en as ek op kyk,  is jou kop gehef na bo…. Jy prewel my naam,  jou borskas beweeg op en af teen n helse frekwensie.  Ek breek jou eerste poort met my linker wysvinger…en bid.  God dat hierdie die altaar van my lewe word.   Jy sug,  en ek hoor my naam snak… my middelvinger volg.  Ek voel die growwe aarde van jou vrouwees… as die sagtheid swel…. “Ek het jou lief ek het jou lief ek het jou lief wil ek teen die kamermure uitgil,  maar my tong is doening met jou klitoris,  die kamer word `n blou tuimelende tonnel.”   Ek verf prentjies in  jou binnekant,  teen die ritmes van jou passie,  en voel hoe die water teen my bene afloop in my gesig.   Dit het donker geword buite.   Jy trek my op na jou toe… “kom wees by my,  “ek wil nooit weer alleen kom nie’.  My vingers bly gestel,   in die warm tuiste van jou vrouwees.   Ek beweeg my kop en my borste tot by jou.  Ek vlei my linkerbeen by jou in… Soen jou met my mond oop en ontvanklik soos my bene.  Ek voel jou hand tussen my bene in glip…. “Ja,   ek prewel jou naam ses keer na mekaar… Ja… Hemel ja”…. Ons soen mekaar koorsagtig soos ons tepels mekaar ontmoet.  Ons bereik n ritme van eenwees,  waar niks meer saak maak nie,  my asem hyg in jou keel af… die tonnel tol … jy swel om my vingers… ek klop in jou hand… alles is so nat,  perfek…  Ek voel jou lyf styf word en ek reageer…. Ek soen jou met elke grein passie in my lyf terwyl ons saam kom en weet…. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. 

Ek is 26 se ek eendag vir jou in n straatkaffee in Potchefstroom.  Die ginekoloog se my maagdevlies is nog presies in takt.  Pretty kak ne?  “Jy smile… “Dit moet seker nie, wees nie,  maar dis nogal n turn-on”.  Ek kry n hond se gedagtes.  Ek drink verder aan my water met suurlemoen.  Ek het nie n fokken clue hoe ek van die donnerse ding ontslae gaan raak nie, aangesien die idee van n vibrator asook die van n penis taboe is.  Maar ek kan nie die res van my  lewe sonder inwendige ondersoeke by die ginekoloog gaan nie.  Fok en dis embarrassing,  ek lyk soos hierdie aseksuele oujongnooit kakgat by die dokter.  Jy glimlag.  Dink jy wat ek dink? 

Ek het jou ontmoet eendag by n vergadering op Stella.  Jy in jou lang swart jas.  Met jou swart en rooi gestreakte hare.  Jy het dringend en angstig op die sypaadjie gestaan en trek aan jou sigaret,  asof daar n redding van n aard uit die stompie moes kom.  Ek weet nie wat my eerste gevang het nie.   Ek het na jou te gestap.  Jy het n sarkastiese aanmerking gemaak oor my duur motor en verby my by die vergadering deur ingestap.  Die vergadering was uiters onguur.  Ek het langs jou gaan sit.  Vir jou klein briefies geskryf.  Wou jou handskrif sien.  Het sondermeer vir my vriendin gesms:”Het pas die most incredible vrou ontmoet.” Hoewel jy jou totdusver soos superbitch van die vlakte gedra het was ek geboei.   Ek weet nie wat dit was nie,  maar dit was daar.  Na die vergadering,  het jy in my kar kom sit en rook.  Jou swart jas gevlei oor my sitplekke,  jyt gepraat asof jy my ken… Ekt gebewe. 

Ek wou aan jou klou,  jou pols oop skeur met my slag tande en jou bloed drink om n deel van jou by my, in my te hou… ek wou jou hare in my hande neem,  en jou soen asof die wereld gaan eindig al ken jy nie my naam nie.  Ek het gebid dat dit toeteskryf is aan n tipe van tydelike kranksinnigheid.  Ek het van jou weggery, onseker, bewend, manies… vir die eerstemaal in n jaar lewend. 

Iewers dae later sms ons oor seks.  Jy hou nie van seks nie.  Jy stel dit eenvoudig.  Jy kom nie.  “Masturbasie? “ Vra ek verbaas.  “Nee.” Se jy ferm.  “Dis n sonde,”  se ek,  “dat dekadente jong vroue soos jy die vreugde van orgasmes mis.”   Jy vra of ek met jou flirt.  Ek ontken dit en giggel.  Ek laai jou erotiese verhale van die internet af en masturbeer.  Ek besluit daar en dan dis gekheid en laat dit staan.  Ons beperk gesprekke tot intellektuele onderwerpe en psigiatrie.   

Maande later in my Silwer Motor op n pad iewers waar die paaie aan donkiekarre en boerbokke behoort het jy in my passasiersitplek gesit toe ek vir jou gevra het of ons moet stilhou.  Ek onthou die musiek so duidelik in n growwe manssstem: “baby ive been waiting, I`ve been waiting for so long… but I knew the miracle would come…”  Ek onthou die dromme in my ore… my hande wat sweet.  Ek het jou regterhand in albei myne geneem… met  my duim stadig in jou palms gespeel.  In jou linkerhand,  het jy jou kop vasgehou… effe stoned op die kalmeerpille van vroeer.  Toe jy egter opkyk,  was daar rou eerlikheid in jou oe.  “Jy fok my op.” was jou laaste woorde voor jou vingers in my mond was en ek jou hoor praat het van hoe lanklaas jy so nat was. Ek het stadig liefde gemaak,  eers net met jou sagte linkerhand en later met jou hele lyf…. Met my gesig by jou joune,  my stem in jou nek wat sag vir jou fluister,   my vingers diep in jou, my grend kar se sitplek ver afgeslaan en die reuk van jou hare in my neus het ek vir die eerstemaal jou sametrekkings om my vingers gevoel en het jy bleek, bleek gekom langs pad tussen niks en nerens,  in my arms, veilig, lewendig.  Party dinge is so onlosmaaklik deel van die ewigheid. Ek wou jou nie gaan aflaai by jou huis nie,  wou jou nooit weer uit my passasiersitplek vrylaat nie….  Jy was soos die muse waarna ek my lewelank nog soek, die antwoord uit die hemel…die engel… dis dit…. Die engel.    Jy die engel in my kar.  

“Jou nek,” het ek ek eenmaal  gese.  Is vir my onweerstaanbaar.   As ek jou sien wil ek jou kop eenkant toe skuif en jou porseleinvel op jou nek soen,  totdat jy rooi geswel is van al die liefkosing.  Miskien is ek verlangs familie van Dracula.  Ek wil jou so totaal liefhe,  dat ek nie sal huiwer om jou bloed te drink nie,  wat mens eet word deel van jou selle.   Miskien is dit presies wat ek van jou wil he.”   Jy het gelag… “jy sal my nie kan seermaak nie”.  Ek het geglimlag en gewonder wat pyn werklik vir jou is. 

Die tydskrifte skryf jy is n kultusfigguur n tragiese prentjie in swart wat krom loop en selde hartlik lag.  Miskien lag jy net nie soos die van hierdie planeet nie.  Ek jaag een aand om jou op te laai.   Ons gaan onsself inboek in n vakansieoord waar niemand ons pla nie.  Ek ry besonder vinnig.  “Jinne ma jys jags!” kom die sms.  Ek smile… Ons boek in onder n vreemde naam,  voor ons, ons tasse neersit trek ons, ons klere uit. Ons druk mekaar paniekerig teen die opplankombuisarea vas en hyg  “jirre hoe de fok werk hierdie ding?” Ons maak vyf ure lank liefde, dan eet ons kersies met jogurt, drink pienk sjampanje en huil in mekaar se arms.  Ons klou krampagtig aan mekaar se vreemde kaal lywe vas en vrees n onbekende skeiding wat ons moontlik bedreig soos n donker wolk in die verte.  Ons bad saam in kerslig en verklaar ons liefde,  ons besef dis te vroeg…ons maak weer liefde om van die vrees weg te kom.  Ons slaap twee ure voor ons moet gaan werk,  ons lywe is taai en nat gesweet.  Ons ruik na mekaar. Wanneer ek jou aflaai voor jou onpersoonlike kantoor  bid ek dat God jou weer na my toe sal terugbring. 

Ons voer gereelde analitiese gesprekke oor die anatomie van hierdie ongelooflike verhouding.  Jy meen dis te goed om waar te wees,  ek smeek jou om dit te glo. Jy kwoteer ook dat “no amount of analysis can replace emotion” uit n bron wat ek nie nou kan onthou nie.  Ons begin hande vashou voor mense en ek soen jou voorkop wanneer jy koorsig is.  Jy ontmoet my honde, en ek jou vriende,  ek wys jou my wereld, jy neem my op reise na joue.  Ons hou mekaar vas tot ons slaap en soggens soen ons mekaar wakker.  Ek weet hoe jy jou koffie drink, en jy weet dat ek nie koffie drink nie.  Jou bediende aanvaar my as deel van die huishouding en my vriende vra uit na jou.  Saans as jy siek word ry ek ure ver in die nag en tref jou aan in my rooi baadjie.  As hulle jou verpletter sit jy huilend teen dit wit muur in jou slaapkamer en hou ek jou  vas tot jy uitgehuil en moeg teen my aanleun.  Ek help jou toilet toe,  soen jou voorkop terwyl jy piepie.  Snags as jy wakker word, word ek wakker… snags as ek wakker word, word jy wakker.  Jy se eenmaal dat jy my honde reeds lief het, want wat myne is het jy lief. 

Voor ek vertrek maak ons liefde,  ek onthou my maagdevlies.  “Ek wil he jy moet my maagdevlies breek.”  “Vanaand.”  Jy lyk geskok.  Ons het eintlik n ete afspraak.  In die agtergrond speel Live kliphard  “Our love is like water all over you all over me”… dis donker in jou slaapkamer en die waaier is aan. Ons is albei kaal.  Jy bewe…ons soen, liefkoos. Jy sit een vinger in my , jy praat : “jys so klein,  my lief, jy moet se as ek jou seermaak…”  ek le oorgegee onder jou.  Jou pragtige sagte hande neem besit van my ongeneemde liggaam.  “Voel jy hom,   vra ek jou,  “ja hys defnitief daar, net daar.. en jy druk jou vinger iewers in my bekken… ek reageer op die druk… O lief….”  Jy sit n tweede vinger in my in,  jy bewe,  “is dit seer?” …die genot versprei van my gkol tot in my vingerpunte: “fok dis amazing!” Jy smile vir my in die donker. “Jys so sag, so pragtig daarbinne”.  “Jy beweeg vinniger in en uit,  ek maak geluide… ek uiter jou naam, roep, kreet …..al wat ek sien is hierdie engel voor my wat besig is om my lyf finaal vir haar te neem.  Here Ja! Is wat ek wil gil Halleluja! Is wat ek wil huil op na die hemele… maar al wat ek uitkry is jou naam oor my lippe.”  Jou hande beweeg vinniger en vinnniger. Die finale reusagtige orgasme kraak deur elke sel in my liggaam en ek bemin jou naam met my stembande teen die mure uit, ruik jou reuke, atem die oomblik verewig…verheilig.  

Jy soen my towersag, magtig.  “Onthou hierdie datum”   se jy.    Jy sit die bedlampie aan.   Ons ondersoek die onderkant van jou french manicured naels….stukkies vlies…bietjie bloed…

Ekt haar nie probeer vang nie,  sy was net eenmaal daar,  in n bottel waarmee ek nog n hubbly bubbly wou bou.  Sy het self gekom,   soos n mot na n kers,  uitgelewer deur die noodlot.  Nog nooit het n engel egter sulke asemrowende vlerke gehad nie.  Die Consol bottel het gegroei van haar skoonheid.  Ek het versigtig die ysterdeksel afgedraai, my hande het gebrand.   Ek het aan haar geraak.  My palm oor haar lippe laat speel…Syt my asem weggeslaan en ek het GESMEEK: “God ek wil haar hou.”   

No comments:

Post a Comment