Om te
kom tussen die bene van `n vrou is verruklik, veral die heel eerste keer. Sagte tepels wat eenword met jou lyf. Ons verken mekaar se lywe bang. Gryp na die Bybel vir vergifnis, dan beloof
ons mekaar dit was die laaste keer. In die van vergryp, verloor en vergeet
ons keer op keer.
Haar
borste is so perfek, haar hande broos en
fyn. “As jy n ou was, was ons lankal
getroud en pregnant!” lag sy, drie jaar later, (kort voor als in duie
stort). Sy gesels terwyl ek
bestuur. Ons ry met die pad in die
rigting van Brits, verlangs sien ek die Magaliesberge en in my hart bid ek vir
`n god wat nie na die homoseksuele luister nie.
Sy laat
my staan vir `n oorgewig vent met `n blink rooi kar. Sy stap in
my koshuiskamer in. Haar lyf styf toegedraai in `n swart leer baadjie.
Sy grendel haarself letterlik weg van my. “Dis verby” se sy. Ek kry `n benoude “nee” uit my keel
gewurg. Sy staan om te loop. Ek gryp die bekende beminde lyf aan die
baadjie gegryp en gooi haar teen my kamermuur vas. “Jy kan dit nie doen nie, ek glo dit nie… “ ek druk my lyf teen
haar. Sy huil, smeek my om haar te laat gaan. “Hy wag vir my buite in die kar, my ouers
aanvaar hom”. Sy loop van my weg.
Bliksem.
Dis `n
week later, my foon lui. Sy wil woorde uit my he. My stilte is vir haar soos dolke. My rekenaar is my lewensmaat , die internet my god, bekend en veilig en
beskikbaar. Ek verloor baie gewig, van
elfuur soggens af drink ek Vodka in Wyn.
Ek kan nie glo sy bel my nie. Hoe
kan sy meer van my wil hê? Sy het my
gestroop. Ek het niks om te gee nie.
Op my
rekenaar skryf ek:
“Jou
bloed vloei uit my polse
jy kruisig
my hande
Met die spykers van jou lag
En
wag steeds op die laaste sug
Van jou asem
wat by my mond uitroep "eli eli"
Jy voer
my asyn vol herinnering
beloon
my met doringkrone van verwerping
dat jou
pyn in my pupille vergestalt.
Onder
sweepslag van vreemdelinge
speeksel, veragting
duisternis,
na
eindelose aardbewings,
is
jou hande van van
my arms afgeruk
dat
ek jou nooit weer kon raak nie
jou
longe stadig van my bronchiale pype geskeur
tot my
asem bevlek was met jou
bloed
en ek
vir altyd moet stil wees
het
hulle my gekruisig -
ek moes jou afsterf
jy het
jou pond silwer geeis,
en die
goewerneur het jou geprys.
Messias.
judas.
Na die
oproep kleur ek my hare swart en kerf my onderarms met spieelskerwe. Een
pragtige donderstorm stap ek kaalvoet in die Potchefstroomse strate en soek na die
dood. Ek loop ek haar raak in `n
inkompie sentrum. Sy storm stom tot in
my arms en huil vir `n halfuur my nuwe baadjie papnat. Ek vee oor haar hare, my binnekant bewe. Mense stap in massas verby ons. Ons praat nie veel nie. “Moenie vir hom se jyt my gesien nie…”. Hys scary. Daardie aand kry ek `n sms, hy dreig
hy my met `n interdik. Liefde het baie
verskillende gesigte. Verraad net een.
Sy vat
hom na die pastorie vir die vakansie.
Soos sy gese het is haar ouers mal oor hom. Sy dink aan trou. Haar pa
kan hulle trou, almal praat oor hoe pragtig dit kan wees. My pyn is geheim. Sy kry dit reg om weg te kom van die lesbos
af, tot waar ek haar nooit weer sal kry nie. Ses maande later kry ek `n sms van haar “hy
het my gelos”. Ek bel haar, sy huil. “Ek gaan weg uit Potchefstroon, terug
Durban toe, my ouers kom my more haal.” Ek ontmoet haar iewers in die donker, in parkie waar niemand sien nie. (Sy maak dit
duidelik dat sy nie saam met my gesien wil word nie). Ek vat vir haar `n teddiebeer. Dis toevallig
haar verjaarsdag. “Ek wil nie he mense
moet ooit weet van ons nie” . Ek voel
vuil en opstandig. Sy lê op my skoot en
snik. Ek kyk woordeloos hoe die son
opkom. “Wil jy dan huil nie?” vra sy.
Ek skud my kop. Sy vertel sy wil
my nooit weer sien nie, al het sy my
lief. Sy loop snikkend van my weg deur
vroegoggend herfsmis sonder om te groet.
Ek sit in my kar voor die hardeware winkel en wonder of ek dood is.
In my
aardbodem waar jou inbrandings geskroei is
In hoeke
wat lankal met groen gras bedek geraak het
Tussen
gragte wat lankal toegegooi is
Het die
aardbodem vandag weer sooibrand,
Vulcanis
non - eruptus
aardkors
Vol
verdwaalde geeste ,
Wat lankal
moes rus
nou weer
in die donker uur
kloppend,
brand, teer.
Daar
waar jou voetspore geloop het
Jou
sandstrepe oor my hart
Is my
aarde vandag weer gekneus,
ek
gekruisig op die vulkaan wat eens ons s`n was.
“Jys so
sad want jyt jou lover verloor my skat” se my shrink. Sy hou my styf vas terwyl ongeloof my
verswelg. Dit vat my maande om hierdie
te glo. Skeef?
Die
verskriklikheid het jare later eers minder geword. Een
pragtige somerdag staar ek na die gilblou hemel. Ek ruik die jasmyn iewers in die lug. `n Glimlag speel oor my lippe. Meteens is dit soos kersfees. `n Toweragtige en asemrowende besef…ek is
vry. Ek soek nie meer bedags of snags na
daardie liefde wat my so eensaam gelos het nie.
Ek vrees nie meer dat ek haar iewers op kampus of in die straat sal raakloop nie. Ek wil
opspring in die lug en my hande hemelwaarts gooi, in die rondte draai en
skree tot almal my kan hoor: "Ek is vry!"
Uitendelik
is ek weer jonk, lewendig, slim en gesond.
Die euforie is
onbeskryfbaar. Ek skryf groot
gedigte op ruwe mure skryf, en soen my pasiente se snoete. Ek trek reënboog helder aan en huil van
blydskap. Die ondenkbare, onbetwyfelbare
wete: Ek is ok.
Later skryf ek briewe vir almal wat my ken
het as die hartseer eensame vrou. Ek
nooi die wêreld om saam met my bly te
wees. Ek gooi `n vryheidsparty en dans saam met almal wat so mooi is. Ek het helder linte in my hare en rooi lippe. Ek verander my naam en wil
hê die wêreld moet weet: Hierdie selfsugtige eensame rou liefde waaraan ek
vasgekluister was, het uiteindelik gesterf… Ek gooi haar ou briewe in die
asblik, glimlag en stap weg.
My hande
sal losskeur
Uit die
spykers van jou oë
ek sal
die kruis van jou menswees
Met olie
en vuur verwoes
Jou doringkroon sal ek met my kaal voete
Tot stof
vertrap
My lyf
sal vry word,
Van die
hout ding
Waaraan jy my vasgekap het
Ek sal
ontsnap,
Ses
klippe voor my graf weg rol…
dan op
`n berg staan,
afkyk op
jou vallei
wat nou
agter my lê.
Sjoe...dit was intens. Ek hou hievan...ni vani seerkry ni, mar van jou woorde
ReplyDeleteEM
Pragtig geskryf
ReplyDeleteI'm Sonja McDonell, 23, Swiss Airlines Stewardess with 13 cities overseas, very tender with much fantasies in emergency cases in my wonderful job. I search girls & women in Angola, Congo & Ghana, who're not only interested for between my legs. I respect your ages & your possible restrictions.
ReplyDeletesonjamcdonell@yahoo.com
Cool and I have a nifty supply: Whole Home Renovation Cost in house renovations
ReplyDelete